Liewe leser. Die jaar het op 'n drafstap begin en vir die meeste van ons druk die skoen al klaar. Kostes styg aanhoudend en mens kan beswaarlik die pot aan die kook hou.
Die goeie nuus is egter dat Sondag nie vanjaar soos gewoonlik sy prys teen April gaan opsit nie. Nee. Ons gaan vanjaar alles in die stryd werp om advertensies in die koerant te verkoop, om so ons puik joernaliste te betaal.
Soos jy weet het Sondag in die afgelope jaar wegbeweeg van kru-seksadvertensies, en dit het ons geld gekos, maar DIT WAS WAT JY, DIE LESER, WOU HE. Ons het die koerant dikker gemaak - soos jy gevra het - en sekere goed waaroor mense gekla het, uitgehaal.
Miskien is die groot adverteerders dalk skynheilig, maar hulle hou voet by stuk dat hulle nie gaan adverteer in 'n koerant wat naakfoto's op bladsy drie het nie. Dis nou 'n dilemma!
Ons almal is BAIE LIEF vir Sondag se Stukkie en daarom het ek onderneem om EERS vir JOU te vra wat JY dink. Ek onderneem plegtig - om soos in die verlede te LUISTER as jy praat. Want JY is die een wat ons steeds ondersteun!
Hieronder is 'n vraelys wat jy asseblief moet voltooi. Onthou ALLE inligting wat jy aan ons verskaf is VERTROULIK!
Voorts kan jy hierdie keer ook 'n kans staan om 'n wegbreeknaweek na die Leeus/Sharks-game in Durban op die 10de Maart te wen deur die vraelys te voltooi. Dit sluit vliegkaartjies vanaf Johannesburg, motorhuur in Durban, rugbykaartjies en oornagverblyf in. Vier lesers sal ook elk 'n jaar se inskrywing op Sondag ontvang.
Onthou JY is die belangrikste in Sondag se bestaan - wat jy se, liewe leser, is wet! - Redakteur
Die wenners word op 26 Februarie in Sondag aangekondig.