'n Royal bokkerop!


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het eergister bevestig dat die Southern Kings beslis in volgende jaar se Superreeks gaan jol.

 

Hoe dit presies gaan werk, is nie seker nie. Op 30 Maart sal daar eers duidelikheid daaroor wees.

 

Die eerste opsie is dat die Suid-Afrikaanse span wat die laagste posisie op die log beklee, deur die Kings vervang sal word. Dit beteken die Lions en Cheetahs sal vanjaar hulle gatte in rat moet kry.

 

Baie spelers van die uitgeskopte span sal deur die Kings opgeraap word of hulle sal groener weivelde by ander Superspanne soek. Dit sal nie ’n gesonde toestand vir die Lions of Cheetahs wees nie.

 

’n Ander moontlikheid wat Saru voorgestel het, is dat die struktuur van die kompetisie weer verander sodat Suid-Afrika van volgende jaar af ses spanne in die reeks het.

 

Of die geldwolwe by Sanzar aan dié idee gaan byt, is natuurlik ’n ander saak. Maar die hoeveelheid rugby wat die ouens dan sal moet  jol, grens aan malligheid.

 

Dit is kommerwekkend om te dink die Kings gaan in die Superreeks teen die Crusaders, Blues, Reds en Waratahs jol, sonder dat hulle dalk ’n proesel van Curriebeker-rugby gehad het. Die finale besluit oor die Kings se toekoms kan ook die formaat van die Curriebeker-reeks beïnvloed. 

 

Die Curriebeker kan dan soos volg lyk:

 

) Die sogenaamde ses grotes jol teen mekaar in een liga en agt in ’n ander liga. Daar sal dan vir die Kings plek in die topses gemaak moet word. Veral Griekwas sal gal braak omdat hulle die span sal wees wat moontlik sy plek in die Curriebeker-reeks sal kwyt wees.

 

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem