Wat maak oom Prince nog daar?


Maandag 20 Februarie 2012

  •  
  • 1
     Like dit
  •  
  • 1
     Like dit nie


Ashwell Prince score een van sy min lopies die afgelope ruk vir die Proteas. Foto: Gallo Images
Ashwell Prince score een van sy min lopies die afgelope ruk vir die Proteas. Foto: Gallo Images

Om een of ander rede het die indoenas by Krieket Suid-Afrika (KSA) dit goedgedink om Mark Boucher, Jacques Rudolph en Ashwell Prince vir ’n verdere 12 maande te kontrakteer.

 

Prince is laas jaar ná die reeks teen Sri Lanka uit die Proteas se toetsspan gedrop omdat hy nie perform het nie en ook omdat hy te stadig is.

 

Hy is ook nie in die toergroep ingesluit om in die huidige reeks teen Nieu-Seeland te jol nie. Waarom dié 34-jarige speler se kontrak dus hernieu is, is ’n kopkrapper.

 

In sy laaste drie games in die Supersport-reeks vir die Warriors, het hy tellings van 60, 18, 16, 10, 84 en 26 gescore.

 

Dit is ’n gemiddeld van net meer as 35 lopies per beurt en nie goed genoeg vir ’n kolwer in die toporde nie. Prince het in Maart 2009 laas meer as 100 lopies vir die Proteas in ’n toets gewiks en het van toe af meer nulletjies agter sy naam as ’n tolvrynommer.

Volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem