Warnie dokter hom met vrouefoefies


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 3
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


Shane Warne is seker al vele kere ’n vettie of dronkgat genoem, maar die Australiërs het dit nou ’n stappie verder gevat.

 

Die Aussie-manstydskrif Zoo het in die week Australië se meester-spinner en krieketheld as sy Nie-Australiër van die jaar aangewys.

 

Dié tydskrif meen omdat Warne en sy sexy verloofde, die Britse aktrise Liz Hurley, tonge vleg, is hy glad nie meer die Aussie wat hy destyds was nie.

 

Dit is asof Warne in die afgelope 12 maande ’n regte diva geword het ná sy “transformasie”.

 

Hy het voordat hy met Hurley uitgegaan het, gereeld ’n bier of ses by sy keelgat afgegooi en was redelik oorgewig.

 

Dit het die laaste jaar alles verander. Warne is nou baie maerder en dit is duidelik dat hy produkte vir sy vel gebruik.

 

Dit lyk selfs of hy so af en toe ’n blikkie fake tanspray op sy lyf leegmaak. Hurley het onlangs verklap Warne gebruik vroueprodukte om sy vel beter te laat lyk. Hy het selfs sy eie stelletjie.

 

Die Aussies vat dit as ’n klap in die gesig en reken dit is nie hoe Australiërs behoort op te tree nie.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 1 )


  • Bets Delport :
    Ek is mal daaroor dat n man na homself kyk, hoekom moet net vrouens dit doen? Mans moet ook goed lyk vir ons vroue!
    2012/02/05 09:43:54


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem