Francois Hougaard behoort die Bulls genoeg woema agterlangs te gee, al het hulle ’n hele klomp staatmakers verloor. FOTO: Getty Images
Dit is uiteindelik Superrugby-tyd en dit kon nie gouer sy opwagting gemaak het nie – nie vir die spelers nie en ook nie vir die supporters nie.
Nog ’n seisoen propvol derbies en klipharde games op tuisvelde én oorsee.
En in Suid-Afrika gaan daai derbies sonder twyfel die hardste games wees. Vir seker harder as in die ander twee lande, wat dinge so bietjie makliker vir die Kiwi’s en Aussies maak.
Laas jaar was die Stormers die Suid-Afrikaanse span wat die verste gevorder het. Hulle het in Kaapstad in die semi’s teen die Crusaders verloor. Of hulle dit weer só ver gaan maak, sal mens maar moet wag en sien.
Daar is natuurlik drie weke se “ruskans” in Junie wanneer die verskillende lande se nasionale spanne drie toetse gaan jol.
Volledige berig in die koerant.