Stoutgat terug


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


Met Kimi Räikkönen se terugkeer na Formule Een vanjaar, sal daar ses wêreldkampioene – ’n rekordtal – op die wegspringrooster op 18 Maart in Australië aantree.

 

Kimi, world champ in 2007, is een van die min hedendaagse renjaers wat die fun in Formule Een terugsit, ongeag wat die korporatiewe wêreld of die grootbaas van F1, Bernie Ecclestone, van ’n jaer vereis.

 

Kimi is nie die stereotipe renjaer wat superfiks is of by borge se cleancut image bly nie. Hy het hoeka, nadat foto’s van hom uitgelek het ná ’n lekker partie, gesê hy sal die volgende oggend ná ’n hangover steeds vinnig wees, terwyl ander jaers nugter is en stadiger as sy ouma in ’n taxi sal wees!

 

In 2006 ná afloop van die Brasiliaanse Grand Prix, het Martin Brundle hom gevra wat hy gedoen het terwyl Pelé die pryse uitgedeel het. Sy kommentaar was: “Ek het ’n poef gevat”.

 

Nodeloos om te sê, sy beeldskone vrou en ’n voormalige Mej. Skandinawië, Jenni Dahlman, kon net smile vir sy kaskenades.

 

In 156 wedrenne spog dié stoutgat van F1 met 18 oorwinnings, 62 plekke op podiums, 35 keer met die vinnigste rondte en 16 voorste wegspringplekke. Hy is ook een van ’n klein groepie jaers wat in sy debuutren punte kon insamel toe hy in 2001 in Australië in ’n Sauber sesde was.

 

Kimi, ook bekend as The Iceman vanweë sy komkommerkoel geaardheid en emosielosie uitdrukkings tydens onderhoude, is in 2009 erg gekritiseer omdat hy glo belangstelling verloor en met sy Ferrari slegs die Belgiese Grand Prix kon wen en sesde in die reeks geëindig het.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem