Skreeutitel kry baas


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


Die twee skreeuprinsesse van tennis, Victoria Azarenka en Maria Sharapova, het gister in Melbourne die desibels in die final van die 100ste Australiese Ope die hoogtes ingestuur.

 

En dit het Azarenka net ’n paar minute langer as ’n uur en half gevat om Sharapova stil te speel en met 6-3, 6-0 te wen.

 

Sharaopva het hopeloos te veel foute gemaak en weer gewys dat sy oor die hekkie struikel as die druk te groot raak.

 

Die derde gekeurde, Azarenka, het in haar opmars na die final met die verdedigende champ, Kim Clijsters, asook Agnieszka Radwanska, Iveta Benesova, Mona Barthel, Casey Dellacqua en Heather Wat­son afgereken.

 

In die sewe games waarin sy gejol het, het sy 91 potte gewen en net 36 verloor.

 

Dié sexy langbeen van Bello-Rusland het ook net twee stelle verloor – een teen Radwanska en een teen Clijsters.

 

Azarenka was twee weke gelede in Australië ook aan die wenkant toe sy in Sydney met Li Na van China afgereken het om die titel van Apia se internasionale toernooi agter haar naam te skryf.

 

Vanoggend (SA tyd) jol die mans se eerste en tweede gekeurde spelers, Novak Djokovic en Rafael Nadal, teen mekaar in die mans se final.

 

Djokovic moes Vrydag hard werk om met die Brit Andy Murray klaar te speel.

 

Dit het Djokovic vyf harde stelle gekos om die Soutie op sy herrie te gee.

 

Nadal, aan die ander kant, het net so harde game gehad toe hy vir die soveelste keer teen sy nemesis, Roger Federer, gejol het.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem