Skande so uitgewis


Maandag 23 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


AS daar een ding is waaroor die coach, Gary Kirsten, en sy team vandag baie bly kan wees, is dat die Duckworth/Lewis-stelsel darem in dié krieketreeks aan hulle kant was.

 

As dit nie vir dié stukkie gelukkie in Woensdag se game was nie, sou daar vandag op die Wanderers in die vyfde en laaste stryd in dié eendagreeks teen Sri Lanka pêre gewees het.

 

Dit het Woensdag in Bloemfontein begin reën en Duckworth en sy maatjie, Lewis, het besluit die Proteas het net genoeg gedoen om daardie game met vier lopies, en sodoende ook die reeks, te wen.

 

Dink net watter opwindende game sou vandag op die fans gewag het as die Sri Lankane Woensdagaand se kragmeting ook gewen het. Hulle juis eergisteraand in Kimberley ’n Groot Gat van die Suid-Afrikaners gemaak.

 

Dan sou Kirsten en sy ouens vandag mooi sommetjies moes gemaak het om dié reeks in hul sak te steek.

 

Dis goed en wel dat Graeme Smith eergister sy groot gat gecover het toe hy die tweede keer in 18 games – en 12 maande – meer as 50 lopies in ’n one dayer kon score.

 

Maar dit beteken nog glad nie dat nou die beste ou is om die Proteas se beurt te open nie. Sy gemiddeld ná sewe games dié seisoen is steeds minder as 30 (26.28).

 

Dis nie goed genoeg om saam te gaan Nieu-Seeland toe nie. Dalk moet die keurders hom skrikmaak deur hom ’n ruskans te gee. Dan sal hy dalk weer op sy krieket begin konsentreer.

 

Die keurders moet ook weer ’n slag dink waarom hulle Jacques Kallis ’n ruskans gegee het.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem