Johan Botha is terug in die Proteas se twinting20- en eendagspan.Foto: Getty Images
Die Protea-coach, Gary Kirsten, en sy troepe begin Vrydag met hulle aanslag om weer die beste toetsspan in wêreldkrieket te word.
Vrydag is nou wel eers die eerste van drie twintig20-games teen die Kiwi’s, maar as die Proteas hulle sterte dán al in die lug kan kry, kan hulle groot skade aanrig wanneer die one dayers en toetse later begin.
Dié twee spanne jol in drie twintig20-games, drie one dayers en drie toetse in ’n kwessie van 38 dae. As die Proteas al drie reekse wen, kan hulle in al drie formate van die game op die Internasionale Krieketraad (IKR) se wêreldranglyste opskuif.
’n Tweede plek op die ranglys wink vir Kirsten en sy manne in die one dayers en twintig20, maar dis daai nommer een spot in die toetse wat hulle die breedste sal laat smile.
Al wat seker is, is dat dit nie maklik gaan wees nie.
Volledige berig in die koerant.