Lions se brul flouerig


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


Die Lions het eergisteraand op Nuweland in Kaapstad die eerste proeseltjie van 2012 se tawwe Superrugby-seisoen gekry toe die Stormers hulle in hulle eerste oefengame sommer kwaai laat les opsê het.

 

Dit is maklik om te sê mens kan nie sommer enigiets uit oefengames lees nie, maar as dit die geval was, was daar seker nie ’n rede om dié games te jol nie.

 

Selfs die score maak saak, want die Stormers het drie drieë teenoor nul gedruk om met 28-6 te wen. 

 

Dit kan beteken die Curriebeker-champs sal harder moet werk om geleenthede te skep om drieë te druk. Of dat die Stormers se verdediging eksieperfeksie is, te danke aan die Kapenaars se verdedigings-coach, Jacques Nienaber, wat ook die Bokke in die World Cup gehelp het.

 

Behalwe die moewiese têkkels wat hulle ingesit het, was dit ook ’n geval dat die Stormers met vlymskerp aanvalle al hulle kanse gebruik het. Veral die agterste driehoek, Gio Aplon, Gerhard van der Heever (hulle aanwins van die Bulls) en Joe Pietersen, wat terug uit Frankryk is, was uiters skerp.

 

En hoewel albei franchises sterk teams op die veld gestuur het, is dit vir seker nie dieselfde spanne wat oor minder as ’n maand in die eerste Superrugby-games gaan opdraf nie.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem