Jabroers sien dalk hulle alie


Maandag 20 Februarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


Uitvoerende hoof van Sanzar, Greg Peters, het ’n stewige greep op die Superreeks. Foto: Getty Images
Uitvoerende hoof van Sanzar, Greg Peters, het ’n stewige greep op die Superreeks. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het ’n lat vir sy eie gat gepluk toe hy besluit het dis ’n uitgemaakte saak dat die Southern Kings volgende jaar in die Superreeks moet speel.

 

Die unies wat tóé ja en amen vir dié besluit gesê het, kan hulle nou lekker in die pekel bevind, want dis dalk een van hulle wie se span ’n skop onder die jack in dié reeks gaan kry.

 

Saru het in die week weer met die voorstel na Sanzar gegaan dat hy dit moet oorweeg om ’n sesde Suid-Afrikaanse span in volgende jaar se reeks toe te laat.

 

Die uitvoerende hoof van Sanzar, die Australiër Greg Peters, het klaar laat weet die kanse is minder as nul dat dit sal gebeur.

 

Sanzar het kontrakte met verskeie uitsaaiers en borge vir die huidige formaat onderteken en dis tot aan die einde van 2015 geldig. Dié kontrak beloop amper R3.4 miljard.

 

Volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 1 )


  • johan :
    Die Ape wat aan die stuur van rugby staan mak hulle name gat by die rugby publiek. Al wat hulle doen is om die idiote wat aan bewind is tevrede te stel. Rugby word baie beslis nie gedien nie.
    2012/02/27 01:50:23 nm


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem