Help , ASAblief tog!


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


’n Slapgat houding kan Suid-Afrikaanse atletiek later vanjaar in Londen op die Olimpiese Spele duur te staan kom.

 

Selftrots is natuurlik die ander groot euwel in SA atletiek. En die twee groot verloorders as gevolg hiervan, is Khotso Mokoena en Luvo Maniyonga.

 

Albei kan die final van die verspring op die Spele haal en selfs ’n medalje wen.

 

Afgesien van laas jaar se fiasko in Suid-Korea op die Wêreld-atletiekbyeenkoms, het Mokoena sedert 2008 nog elke keer die SA vlag hoog op die World Champs en Olimpiese Spele laat wapper.

 

In 2008 was hy die wêreld se binnenshuise champ en het sy land se enigste medalje (silwer) op die Olimpiese Spele in Beijing gewen.

 

’n Jaar later in Berlyn het hy op die World Champs nog ’n silwer ryker geword en in 2010 was dit weer silwer op die wêreld se binnenshuise byeenkoms. Boonop het hy die SA rekord in 2009 tot 8.50 m  verbeter.

 

Maniyonga is SA atletiek se kroonprins. Hy was in 2010 die wêreld se junior champ en op verlede jaar se World Champs vir seniors was hy vyfde in die final. Dié youngster het in 2010 die SA junior rekord tot 8.19 m opgeskuif.

 

Ondanks dié goeie performances, kan Mokoena en Maniyonga skouspelagtig op die Spele ontspoor en dan moet elke SA Olimpiese- en atletiekbaas die skuld daarvoor kry.

 

Mokoene het sedert 2010 probleme met sy aanloop. Dis hoekom hy laas jaar nie die final van die World Champs kon haal nie.

 

Maniyonga het voor verlede jaar se World Champs sy afrigter, Mario Smit, gryshare besorg met sy disappearing acts. Ná laas jaar se SA champs in Durban, het Smit ’n maand lank nie geweet waar dié jong atleet is nie. Kort voor die World Champs was hy weer soek.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem