'Domkoppe'se kans


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


’n Nuwe puntestelsel, strenger refs, hard looprugby, baie drieë en minder slim spelers is vir vanjaar se Varsitybeker-reeks beplan.

 

Die Internasionale Rugbyraad (IRR) het toestemming aan dié reeks verleen om ’n nuwe puntestelsel te toets, wat hopelik hardlooprugby en meer drieë sal meebring.

 

Strafskoppe sal net twee punte tel, terwyl ’n doelskop drie punte werd sal wees.

 

Die grootkoppe hoop dit sal spanne motiveer om eerder kantlyn toe te mik as na die pale wanneer hulle strafskoppe in hulle eie gebied kry.

 

Die drie punte sal terselfdertyd ook ’n groter beloning vir stelskoppers wees as hulle ’n drie moet doel.

 

En om spanne op hulle tone te hou wat nou meer negatief in hulle eie gebied wil speel, is refs aangesê om strenger teen oortreders op te tree.

 

’n Speler gaan net een keer gewaarsku word voordat hy met ’n geelkaart koelkas toe gestuur word. ’n Volgende oortreding beteken ’n  rooikaart kleedkamer toe.

 

Die organiseerders het in ’n poging om spelers by hulle universiteite te hou, ook ’n reël ingestel dat spelers ’n jaar lank nie vir ’n ander varsity mag speel nie as hy van universiteit verwissel.

 

Laastens is daar ook ’n nuwe reël dat alle spelers hulle eksamens by hulle onderskeie universiteite met ’n slaagsyfer van 30% moet deurkom.

 

Die enigste probleem is dat jy bitter min van ’n vak hoef te weet om net 30% te kry en tweedens is die slaagsyfer by universiteite 50%.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem