DIE Olimpiese Spele is nog goed ses maande weg, maar wedders waag reeds ’n paar randjies op van die dinge wat later vanjaar in Londen kan gebeur.
Elke vier jaar is die 100 meter vir mans een van die heel grootste hoogtepunte by die Spele.
Die internet-weddenskapsite Sportsbet.co.za en Keith Ho se BetXchange bied sommer stringe weddenskappe op dié groot naelloop aan.
Usain Bolt is loshande die gunsteling om weer as die vinnigste man op die planeet gekroon te word ná sy ligte mistykie op die World Champs.
Sportsbet bied syfers van 5.5/10 en BetXchange bied 4/10 op hom aan. Sy jong landgenoot Yohan Blake is die naasgunsteling, maar ver agter Bolt met syfers van onderskeidelik 7/2 en 11/2.
Sportsbet bied ’n syfer van 100 teen 1 aan vir enige ou wat glo Suid-Afrika gaan die meeste goue atletiekmedaljes op die Spele wen.
Dis presies dieselfde wedsyfer wat vir die Aussies geld.
Amerika is die gunsteling om die meeste goud in atletiek te wen. Wedders kan hulle geldjies verdubbel deur op Amerika te wed.
Jamaika (25/10) is die naasgunsteling.
Keith Ho se BetXchange maak die Yanks (11/20) die gunstelinge om algeheel die meeste medaljes van enige kleur te wen, gevolg deur die Chinese (15/10).
BetXchange meen Novak Djokovic (18/10) is loshande die gunsteling om tennisgoud in die mans-enkelspel te wen, gevolg deur Rafael Nadal (22/10) en Roger Federer (7/2).
Petra Kvitova en Serena Williams (albei 3/1) is die gesamentlike gunstelinge vir die vroue-goud.
Lees die volledige berig in die koerant.