Die Bulls se nuwe yster, Daniel Adongo, het Vrydag baie wenkbroue laat lig en beïndruk teen die Cheetahs se naasbestes.
Die Superrugby-seisoen skop oor minder as twee weke af en die spanne het in die naweek hulle ratte vir oulaas olie gegee voordat die eerste games op 24 Februarie afskop.
Die Bulls se B-span het Vrydagmiddag op Lotus se B-veld met die Cheetahs se naasbestes kragte gemeet. Dié game is gereël sodat al die manne wedstrydfiks kan bly en om te kyk op watter standaard die manne is.
En as daar een man is wat die show gesteel het, is dit die Bulls se aanwins van die Sharks af, die flank en slot Daniel Adongo.
Dié Keniaan het in sy eerste game in die blou trui drie drieë gescore en die coach, Frans Ludeke, iets gegee om oor te smile en terselfdertyd kop te krap.
Adongo se drie drieë het gehelp dat sy span eindelik met 33-29 koning gekraai het.
Volledige berig in die koerant.