Vir die nuwe Springbok-coach, Heyeneke Meyer, is dit uiteindelik ’n geval van third time lucky.
Hy wou al lank dié rugbyjoppie gehad het, maar was vir eers net goed genoeg as assistent onder die voormalige Bok-breiers Nick Mallett en Harry Viljoen voordat Peter (Snorre) de Villiers sy liplapa voor hom ingesqueeze het om die job te kry.
Nou gaan die Bulle se voormalige breier en direkteur van rugby die septer in die Bok-kraal swaai om sy sukses in sy loopbaan sover daai stappie verder te vat.
As Meyer se rekord in ag geneem word, is daar seker nie twyfel dat dat hy die regte man vir die job is nie.
Meyer het sover elke provinsiale span wat hy afgerig het, na die finals van die verskillende kompetisies gevat.
Onder sy breierskap het die Bulls die eerste Suid-Afrikaanse span geword wat die Super-reeks kon wen toe hulle in 2007 die Sharks kafgedraf het.
Die Blou Bulle het onder Meyer se leiding ook drie keer die Curriebeker (2002, 2003 en 2004) en in 2001 die Vodacombeker gewen. Toe hy saam met Mallett die Bokke afgerig het, het hulle derde in die World Cup geëindig. Dit wil gedoen word.
Meyer het dit met stampkar- en tienmanrugby reggekry – die soort spel waarvoor die Bulle bekend is. Of dit ook sy taktiek met die manne in die Groen en Goud sal wees, is nie seker nie en hy wou ook nie eergister daaroor uitbrei nie.
Of al die Springbok-kandidate in dié struktuur en patroon sal inpas, is ook ’n mystery. Meyer sal eers dié toets slaag as die Bokke die Engelse in Junie in drie toetse pak.
’n Groot bekommernis is egter of hy sy manne in blou, wat hy aansienlik beter as enige van die ander spelers ken, nou gaan bevoordeel vir ’n plek in die Bokspan.
Lees die volledige berig in die koerant.