Wiele vir almal


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


Dis nou maar ongelukkig so dat karpryse die afgelope paar jaar die rev-meter diep in die rooi gedruk het. 

 

As jy dit in jou agterkop hou, is die Kia Rio ’n bekostigbare meneertjie wat parmantig sy plek in die middelklassegment ingeneem het.

 

Sondag het agter die stuur van die 1.4 liter ingespring en die Rio TEC spog met tonne luukshede. Omtrent al wat makeer, is die sondak (wat teen ’n bykomende sowat 6 000 bokke bygevoeg kan word) en sitplekverwarmers vir daai koue boude in die bibbermaande. 

 

Jou basiese weelde soos ’n USB/iPod/iPhone-konnekteerder is daar en die TEC-model spog ook met ses luidsprekers, wat taxi’s se bulderende klankstelsels opdraande sal gee.

 

Die Koreaanse vyfdeur is langer, breër en laer as sy voorganger, maar die Kia se meesterbreine het kop gehou en seker gemaak die petrolverbruik word nie juis daardeur geraak nie. 

 

Die Rio se petrolverbruik is volgens Kia 6.4 liter per 100 km, wat talle motoriste wat reeds hard gelooi word met taks en duur petrol, minstens ’n paar tanne sal laat wys. 

 

Die Kia is nou nie ’n spoedvraat nie, maar sy woema stel nie teleur nie. 

 

Daar is genoeg krag as jy daai lastige ou tannie met haar pers hare in haar Volla wil verbysteek voor die aankomende vragmotor om ’n draai. 

 

Die handrat-TEC spog met 79 kW en wringkrag van 135 Nm. 

 

Die TEC-model se topspoed is 183 km/h en hy doen die 0 tot 100 km in 11.5 sekondes, wat ’n skaflike tyd vir ’n 1.4 liter-enjin is.

 

Oukei, die Rio is dus nie ’n suiplap nie, sy prys is ook relatief orraait en die TEC spog met al die ekstras. 

 

Maar wat maak dan die Kia Rio ’n meneertjie wat sy merk in die mark sal maak? 

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem