Frank (William H. Mercy)en sy spul kinders vir wie hy nie ’n duit omgee nie.
Dié is nou wragtig die enigste rede om wakker te bly op ’n Dinsdagaand!
Die eerste reeks van die televisieprogram Shameless is volstoom aan die gang.
Dis absoluut skaamteloos, voyeuristies en skreeusnaaks onder die dekmantel van verskeie donker onderwerpe.
Die showrunner, John Wells, het verduidelik dat dit vir hulle moeilik was om die reeks nie in ’n tradisionele woonwapark-opset te skiet nie.
“Ons het ’n tradisie om die spot te dryf met dié soort mense (in woonwaparke), maar dit wat in Shameless gebeur, gebeur waarskynlik sommer in jou eie woonbuurt,” verduidelik hy.
Die storie gaan oor die spul stoutgat-kinders wat sonder hul slapgat-pa (wat besig is om homself oor ’n mik te suip) en hul ma (wat in ’n malhuis is) moet oorleef.
Volledige berig in die koerant.