In 1968 was Bill te siene as die hoofzombie in The Night of the Living Dead.
En daar sterf een van die wêreld se gunsteling- zombies!
Horror fans wêreldwyd het die week getreur omdat Bill Hinzman op die ouderdom van 75 oorlede is, het E!Online se webwerf dié week berig.
Verskeie mense het gerou, want deesdae kweek hulle nie meer zombie-akteurs soos in die ou dae nie.
Hinzman het naam gemaak as die hoofzombie in George Romero se oorspronklike 1968 zombie-fliek Night of the Living Dead. Hy word tot vandag toe nog gereken as een van die voorvaders van die horror genre juis oor hierdie rol.
Bill is laas Sondag by sy eie huis in Pennsilvanië aan kanker dood.
Sy dogter, Heidi Hinzman, het nog aan die media vertel hoe haar pa grappies gemaak het op sy sterfbed.
Volledige berig in die koerant.