Speel daai bessie!


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


NOEM my outyds, maar ek is waarskynlik die ou suid van die Sahara wat die minste opgewonde is oor die tablet-golf wat oor die aarde spoel.

 

En as ek sê tablet, bedoel ek nie tabloid-koerante soos Sondag nie. Oor húlle is ek baie opgewonde. 

 

Ek praat van daai nuwe, plat kompertjies wat lyk soos ’n skootrekenaar, waarvan die toetsbord-helfte op ’n dronk vleisbraaiery by Potch-dam afgebreek is.

 

Nee wat, vir my is ’n goeie, outydse laptop heelwat beter - wat op sy beurt nog nie naastenby so goed is soos ’n ouderwetse lessenaarrekenaar met aparte skerm, kas, sleutelbord en muis nie.

 

Jy kan dus verstaan dat ek maar my bedenkinge gehad het toe ek ’n nuwe BlackBerry PlayBook gekry het om te toets.

 

Ja, dis wat hulle hom noem: PlayBook. Wat nogal ’n verrassing vir my was, want BlackBerry het maar nog altyd bekend gestaan as die sakeman se slimfoon. Jy weet mos, nie naastenby so baie pret soos byvoorbeeld die iPhone nie, maar net die ding vir sake, e-pos en besigheidsoproepe.

 

Is die PlayBook soveel pret soos die naam belowe? 

 

Wel, dit kom met Tetris en ’n Need for Speed-game, maar die antwoord bly nee. 

 

Behalwe as jy opgewonde raak oor begrotings en wulpse gedagtes koester oor proefbalanse. Want uiteindelik is die PlayBook die soort ding waarvan ’n boontjieteller se wildste drome aanmekaar gesit is.

 

Maar wag, ek dwaal af.

 

As jy die PlayBook bekyk, tref dit jou dadelik: Hierdie dingetjie skep ’n indruk van gehalte.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem