Soos goeie whiskey


Maandag 20 Februarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 1
     Like dit nie


Donker duistere somber vibes is waarvoor dié man nog altyd bekend is.
Donker duistere somber vibes is waarvoor dié man nog altyd bekend is.

Leonard Cohen is terug. Oud, maar terug. En trust ons as ons sê jy gaan miskien tjank soos ’n weerwolf met volmaan, maar jy gaan beslis nie teleurgesteld wees nie!

 

As jy nou die aand alleen by die huis sit met ’n stewige glas whiskey en ’n goeie sigaar, met stilte en met niemand wat jou pla nie – dan is daar mos net sekere musiek wat lekker gaan wees om te luister, of hoe?

 

Iets wat jou nie gaan irriteer nie en iets wat die rustige mood net lekker gaan aanhelp. Iets donker en iets somber genoeg wat jy nét saam met werklik goeie whiskey kan geniet.

 

Daar is min ouens van wie se musiek jy dít kan sê. Daar’s Tom Waits, daar’s Nick Cave en daar’s natuurlik Oom Leonard Cohen.

 

Vanjaar is die jaar wat dié ouman 78 word, en hy’t steeds daai donker, melankoliese aanslag waarvoor hy al van sy jong dae af bekend is. 

Volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem