’n Zombie-dame is regtig nie sexy nie!
Party goed in die lewe is nou maar net cool. Vat maar zombies. As jy boonop die kans kry om die lewende dinges uit hulle te skiet, des te beter!
As jou baas jou dikwels die duiwel in maak, kan jy gerus die app iGun Zombie op jou iPhone of iPad aflaai en al jou frustrasies wegblaas.
Dit gaan jou 99 Amerikaanse sent kos, maar natuurlik is daar ’n slagyster as dit by die koste kom. Jy moet meer opdok as jy byvoorbeeld wil hê jou geweer moet vinniger laai.
Of as jou handgranate op is, kan jy nog koop. Dis nogal ’n slim truuk aangesien die game al hoe moeiliker word en ’n paar handgranate jou alie vinnig kan red.
Die storie is lekker eenvoudig, soos dit maar in ’n zombie-konteks moet wees. Jy kry die opsie om jou tipe geweer te kies en dan kan jy tjop-tjop die tutorial deurdraf. Die game behels basies dat jy zombies skiet dat die bloed spat.
Volledige berig in die koerant.