Renosters red watwou!


Maandag 23 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


FONDSINSAMELINGS is ’n goeie ding, maar as jy nog dink jy red ’n renoster, voer jy dalk eerder ’n shark!

 

Die nuutste keurspelalbum (amper op die rakke) is Save the Rhino. Dit is ’n formidabele keuse van sangers wie se tunes hierop verskyn. 

 

Nee, regtig. Vir ’n dubbel-album is daar gróót name op: Elvis Blue, Seether, Watershed, Flash Republic, Wonderboom, Just Jinger, Locnville, Black Hotels, Johnny Clegg, Chris Chameleon, The Arrows, Zebra & Giraffe, Cutting Jade, Plush, The Graeme Watkins Project, Farryl Purkis en Heroes Wear Red.

 

Die CD staan op die oog af vir ’n stewige saak: Laas jaar is daar 448 renosters in Suid-Afrika brutaal uitgeroei vir hulle kosbare horings. 

 

Januarie is nog nie eers verby nie, en daar is al klaar 21 renosters in die nuwe jaar vrekgemaak.

 

Dis ’n erge en hartseer storie, maar nou kan jy check hoe spring mense om ’n ou geldjie hier uit te maak. 

 

Die Save the Rhino-CD word nou sommer in Februarie by die baie grand Victory Teater in Johannesburg gehou met party van die bands wat daar gaan optree.

 

Met dié geld beplan die ouens nou om na weesrenostertjies te laat kyk en om meer bloedhonde op lughawens aan te hou.

 

Dit gaan alles glo oor bewusmaking, maar is ook ’n gulde geleentheid vir mense om gesien te word – kyk vir my, ek red tog renostertjies!

 

Nou moet ’n ou jouself afvra: Hoeveel geld maak mense uit sulke keurspel-CD’s? 

 

Die antwoord is - nie TE baie nie.

 

Terwyl al die ouens wat op die CD verskyn gratis publisiteit kry (en so ook die platemaatskappy), weet ons nie wie nog watse geldjie langs die pad maak nie.

 

Onthou, niks in hierdie wêreld is verniet nie.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Wat dink jy van SA se nuwe hotklou-kolwer, Richard Levi?

Hy gaan nog baie balle paviljoen toe moker.
Hy gaan dit net in kitskrieket maak.
Dis nou net die man wat ons nodig het.
Stem