Manne op 'n bloedspoor


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


VERBEEL jou jy is ’n speurder op ’n toneel.

 

Daar lê ’n dooie meisie onder ’n boom. Sy is skraps geklee soos ’n vrou van die nag en iemand het haar brutaal met haar eie serp (waari n daar sommer ’n boomtak vasgedraai is) verwurg. 

 

Die feit dat haar bene, haar mond en haar wonde bedek is met honderde klein wit maaiertjies beteken sy lê morsdood hier vir al vier of vyf dae.

 

Langs haar lê ’n bebloede klip (haar eie bloed) waarmee iemand haar in die gesig geslaan het. 

 

Iemand het haar ook nog onsedelik aangerand met ’n stok, maar nie die geld in haar beursie gesteel nie. 

 

Die pakkie kondome in haar handsak is onoopgemaak en daar is hoegenaamd geen teken van normale seksuele aktiwiteite nie.

 

Daar is wel een oorbelletjie van haar linkeroor af weg wat daarop dui dat iemand vir homself ’n aandenking gehou het.

 

Daar is geen aanduiding van DNS (bloed, semen of spoeg) wat kan help om ’n skuldige vas te trek nie.

 

Uiteindelik gewaar jy ’n paar treë weg een van haar skoene wat sommer net so verlate daar lê. Sy’t duidelik in ’n oomblik van waansin probeer weghol tot waar sy nou lê – DOOD.

 

Jy stap tot by die skoen. Van daar af sien jy onder ’n struik lê nóg ’n skrapsgeklede meisie. 

 

Daar is geen maaier-aktiwiteit soos by die vars lyk nie, met ander woorde dié een lê al langer as ’n maand daar. 

 

Wie ookal hier was, wou vir die tweede girl kom wys het hoe lyk sy vorige slagoffer.

 

Sy is óók met ’n kledingstuk verwurg.

 

Sy vermis óók ’n oorbel aan die linkeroor.

 

Daar lê óók ’n stok waarmee sy onsedelik aangerand is.

 

Duidelik werk jy hier met ’n reeksmoordenaar. 

 

’n Totale sicko, sielsiek genoeg om aandenkings te hou na hy toegeslaan het op straatvrouens wat hulself maklik beskikbaar stel.

 

Hy ly aan ’n seksuele minderwaardigheidskompleks. Daarom doen hy met ’n stok wat hyself nie kan regkry nie!

 

As jy verder sou soek, sou jy sien agter nóg ’n bossie lê ’n leë bottel wyn en ’n paar sigaretstompies. Die stompies is nog kraakvars en die label op die bottel wyn onaangetas deur wind en weer.

 

Dis minder as ’n dag oud, so dít beteken één ding: Hy’t teruggekom om sy handewerk te bewonder. 

 

Dís die tipe interessante goed waarvoor ’n speurder moet uitkyk as hy op soek is na forensiese bewyse. 

 

Op die bottel wyn, die stompies en die klip sit dalk nog vingerafdrukke.

 

Alles is leidrade wat kan maak dat ’n supersiek sekspes blitsvinnig agter tralies kan beland.

 

Nou, ek en jy is in alle waarskynlikheid mense wat nooit in werklikheid ons voete op so ’n toneel sal sit om dit self te kan sien nie.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem