Gruwelreeks draai jou maag


Woensdag 18 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


Daar wag iets naar vir Connie Britton, Dylan McDermott en Taissa Farmiga in die gruwelreeks American Horror Story!
Daar wag iets naar vir Connie Britton, Dylan McDermott en Taissa Farmiga in die gruwelreeks American Horror Story!

As donker en creepy jou smaak is, is die Golden Globe-benoemde reeks American Horror Story net vir jou!

Die reeks het in Desember op DStv begin, en jy kan jouself maar regmaak vir ’n storie wat jou nekhare sal laat rys. Die Harmon-gesin trek by ’n ou mansion in Los Angeles wat besig is om gerestoureer te word, in.


Ben (Dylan McDermott), sy vrou Vivien (Connie Britton) en hul dogter Violet (Taissa Farmiga) is egter salig onbewus daarvan dat hulle hul nuwe huis met die spoke van die vorige eienaars deel.

Een van die spoke is Moira, ’n huishulp wat beeldskoon lyk vir mans, maar afskuwelik vir vroue. Op dié stadium weet jy presies waarop die reeks gaan afstuur: ’n Gehoer en rumoer tot in die hiernamaals!


Maar die familie het spoke van hul eie!

Vivien herstel van ’n miskraam en Ben, ’n sielkundige, het ’n skelmpie naamlik Hayden (Kate Mara), een van sy pasiënte.
Terwyl die paartjie hul verhouding probeer red, ly Violet aan depressie en raak bevriend met die sielsiek Tate.

Volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem