Dok spoeg, sny en plak nes hy lekkerkry


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


Maak seker jy kom by dié movie uit! Hy wys al ’n rukkie, so maak ’n plan voor hy ophou.

 

Onthou jy nog daai warm lekkerkry wat jou wreed laat glimlag het wanneer jy Roald Dahl se stories soos Tales of the Unexpected gelees het? Daai genadelose kinkel in die stert-eindes? 

 

Pedro Almodóvar se The Skin I Live In neem die einste knal-slot en gee ’n nuwe dimensie daaraan. 

 

As jy by die einde kom, gryp jy ’n Valium net om bitchy te kan grinnik: “Woa! Dít was nou lekker!”

 

Almodóvar is die meester van die makabere as hy sy psigedeliese flits laat skyn op donker seksuele obsessie. Vergeet Nip/Tuck, hierdie snydokter plant baie meer as net velle oor.

 

Wat gebeur as ’n dokter ’n vroulike pasiënt gevange hou? Die Spaanse regisseur spring ligvoets oor verskillende tye in die dokter se verwronge lewe as hy gaandeweg op ’n koue manier verduidelik hoe die dokter ’n verskoning gekry het om sy siek fantasieë uit te leef. 

 

Vergeet van Beckinsale se lyfstywe pakkie. Elena Anaya s’n laat niks aan die verbeelding oor nie. Nes David Cronenberg gebruik Almodóvar wellus en die donker psige van die onderbewuste om te verduidelik hoe briljante breine in Frankensteins verander wanneer hulle skepper speel. Dis die donkerte van die siel wat die regisseurs opgewonde maak

 

 

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem