The Bedroom is nie sommer enige sekswinkel nie, hulle hou die duurste DESIGNER vibrators aan.
Valentynsdag klop amper weer aan die deur en couples begin al klaar rondhol vir blomme, tjok-lits, kouse en dasse.
The Bedroom in 6de Laan, Parkhurst, in Johannesburg is ’n sex shop NET vir vroue, maar naweke mag jy maar jou man saam vat.
As ’n man alleen vir liefie of homself ’n speelding wil aanskaf, moet hy ’n afspraak maak. Dis bietjie iets anders as die gebruiklike sex shops waaraan mense gewoond is.
Dit voel nie daar asof jy kop onderstebo met jou ID-boekie moet instap en voel of jy by binnelandse sake iets deur die tralies betaal nie.
The Bedroom is een van die min sensuele boetieks wat seks en seksspeelgoed ’n classy geurtjie gee.
Van die sexy onderklere, vibrators, stout geskenkpakkies en masseerolies tot die eetbare onderklere is spesiaal verpak en word amper beter uitgestal as die Queen se teestel.
Aleksa Bargehr, die eienares van die Johannesburg-tak, sê dat hulle baie suksesvol is in Durban waar die eerste winkel oopgemaak is.
Volledige berig in die koerant.