Waar is die kanselman dan heen?


Maandag 23 Januarie 2012

  •  
  • 5
     Like dit
  •  
  • 11
     Like dit nie


 

‘EK gaan my eie lewe neem. Radio Kansel het die Jesus wat ek ken met nepotisme, korrupsie en skynheiligheid vernietig.” 

 

Só het die Radio Kansel-man Josie Raath (48) dié week gedreig.

 

Tientalle mense het gister laat nog siek van bekommernis rondgeskarrel om hom te probeer opspoor.

 

Josie het vuur gespoeg tydens ’n onderhoud met Sondag en ook erken dat dit nie net Radio Kansel is wat hom tot selfmoord dryf nie, maar ook ’n vrou met die naam van Katryn le Roux.

 

“Katryn is glo terug na haar eks-man toe,” sê ’n kollega. “En dis hoekom Josie so depressief is.”

 

Josie is die uitvoerende regisseur en aanbieder van Radio Kansel/ Pulpit en het Vrydagmiddag met Sondag ’n onderhoud gehad. Hy het die afgelope vyf jaar vir dié radiostasie gewerk tot hy Dinsdagoggend om 09:00 per SMS bedank het.

 

Josie is onder meer bitter omdat die radiostasie nog nooit ’n enkele vergadering met gebed geopen het nie. “Daar is net ’n paar mense in die maatskappy wat regtig die Here ken,” sê hy. 

 

“Die stasie hou hom hoogheilig. Ek het so moeg geraak vir die lewe as gevolg van hulle. 

 

“Ek sê dit weer, hulle het my liefde vir Jesus gesteel,” het Josie gesê. Maar hy verduidelik nie presies hoe dit gebeur het nie.

 

Josie en Christa Johnson, wat ook by Radio Kansel werk, sou glo saam hul eie lewens neem. Christa is die dogter van Roelf Petersen, die besturende direkteur van dié radiostasie. Sy sou glo ’n oordosis pille drink. 

 

In ’n SMS wat sy Woensdag om 17:42 aan Josie gestuur het, skryf sy: “Di(e) pille word dormonoc genoem.”

 

Vrydagoggend om 09:33 het sy in ’n tweede SMS vir hom geskryf: “Ek maak ook vandag my kamer skoon sodat my ouers ni(e) hoef as ek nie meer hier is ni(e).”

 

Toe Josie egter later die oggend by Christa se huis opdaag om haar op te laai sodat hulle die pad kan vat, was daar ’n hele klomp mense, onder andere haar ouers en kollega Riva Schoeman, by haar.

 

Christa het kop uitgetrek, maar Josie is vasbeslote om voort te gaan met die selfmoord.

 

Hy sê Christa is ’n goeie vriendin en vertroueling, maar hulle is nie in ’n seksuele verhouding nie.

 

Nog iets wat hom bitterlik ongelukkig maak, is dat Roelf-hulle sy program Crissis to Cross, wat hy self geïnisieer het, verlede jaar by hom weggevat het terwyl hy aangesterk het na ’n ongeluk in Thailand. Hy het die program saam met prof. Piet Stander uitgesaai.

 

“Dit was die eerste keer by die stasie waar ’n aandprogram met R100 000 geborg is. Ek was ook die eerste lid van die stasie wat genomineer is vir die Vodacom Joernalis van die Jaar.

Lees die volledige berig in die koerant.

 



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 7 )


  • henry :
    het die mens mal geraak,oordrewe godsdienstigheid
    2012/01/29 01:39:31 nm

  • Jo :
    Dis nou wat gebeur as jy jou lewe en besigheid baseer op mitologie...
    2012/01/27 10:25:36

  • Eddie Jnr :
    Eddie,

    Ai, die hoog geleerde Petersen's gooi weer goed naam weg.
    2012/01/26 12:57:47 nm

  • Jasper :
    Al hierdie "oordrewe christene" het almal 'n skroef los!
    2012/01/24 08:56:11

  • Sandra Koen :
    Dis so jammer dat so baie mense teleurgestel word juis deur 'christene". Sommige herstel nooit van so 'n teleurstelling nie. In my man se geval het dit gebeur en hy lees nie eens meer Bybel nie, want hy se as dit is soos christene is, wil hy nooit een wees nie. Wees net lief vir jou Here en leef jou lewe eenvoudig. Glo soos 'n kind en wees nederig. Ek hou maar net vas aan my Jesus wat ek van kleins af leer ken het.
    2012/01/24 08:47:31

  • Adele :
    RIP Josie! Sterkte aan sy familie en vriende!
    2012/01/23 07:44:31 nm

  • Laurent :
    Die man was bedruk, bitter en ongelukkig. Kyk mooi na sy verwanskappe met familie.
    2012/01/23 01:34:12 nm


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Wat dink jy van SA se nuwe hotklou-kolwer, Richard Levi?

Hy gaan nog baie balle paviljoen toe moker.
Hy gaan dit net in kitskrieket maak.
Dis nou net die man wat ons nodig het.
Stem