Die Waterkloof-vier se pretty boy Christoff Becker het dié week glo ’n HELSE TANTRUM in die tjoekie oor sy bedjie gegooi en boonop ’n vrouebewaarder in die proses gevloek!
Twee van Christoff se Waterkloof-vier-pelle, Reinach Tiedt en Gert van Schalkwyk, is so ’n paar weke gelede op parool vrygelaat – maar ná die week se voorval sal seker nie ou Chrissie se kanse op vroeë parool verbeter nie.
’n Betroubare bron in C-Max in Pretoria, die tronk waar Christoff aangehou word, het teenoor Sondag onthul dat Christoff sy speelgoed só erg uit die kot gegooi het dat hy intussen na die C-seksie van dié gevangenis toe verskuif is.
Dit is glo die seksie waar al die nuwe gevangenes aangehou word wanneer hulle by die tjoekie aankom en is glo “nie ’n aangename plek om te wees nie”. Sondag kon teen druktyd nie bevestiging kry van Christoff se verskuiwing nie.
Volledige berig in die koerant