Bartosz Raschwolski, Loui Fish se bad boy, is só saam met die koerant waarin die berig oor hom en Loui verskyn het, afgeneem.
Die selferkende cougar Loui Fish het dié week ’n Twitter-oorlog teen Sondag verklaar!
“The war is on. The absolute sh*t and lies you write has gone to far,” het die pruilbekkie getweet na Sondag se berig oor haar verlowing aan Bartosz Raschwolski verskyn het.
“Alles vals en sal in die hof gesien word. Almal weet wat in Sondag geskryf word, is die grootste klomp stront. Bid vir haar,” het sy verder getweet en het spesifiek gevra dat tweeters asseblief tog net vir die verslaggewer moet bid.
Loui se warm vingertjies was vinnig om oor Sondag se skynbare leuens te tweet, maar sy het vergeet dat twee bekende persoonlikhede haar en haar mede-skinderbekkies vir miljoene dagvaar!
FC Hamman, bekende rolprentmaker, dagvaar hulle vir ’n miljoen en nou het nog ’n sangeres besluit om die drie te dagvaar!
Volledige berig in die koerant.