Trou beteken niks


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 2
     Like dit
  •  
  • 11
     Like dit nie


PASELLA-AANBIEDER Paul Rothman en sy vrou Monique, wat ou hoërskoolliefdes was, se huweliksbootjie is op die rotse, MAAR HULLE WAS NOOIT EERS WETTIG GETROUD IN SUID-AFRIKA NIE.

 

Sondag het in September onthul Paul en sy mede-aanbieder op die leefstylprogram Pasella, Vicky Davis, het ’n vuurwarm buite-egtelike verhouding aangeknoop. 

 

Na die onthulling het hulle blitsig die verhouding stopgesit en Paul het stert tussen die bene huis toe gehol om te red wat daar te redde was. 

 

Hoewel Paul en Vicky die verhouding hewig ontken het, het Monique aan Sondag erken dat daar ’n verhouding tussen haar man en Vicky was, maar dat die twee dit intussen verbreek het.

 

“Dit was lelik, maar dis verby. Ons probeer nou weer om bymekaar uit te kom,” het Monique destyds aan Sondag gesê.

 

Die verhouding het aan die lig gekom na sy blykbaar teenoor ’n kollega gebieg het dat haar man en Vicky ’n stomende verhouding aangeknoop het. 

 

Toe die storie uitkom, het Paul blykbaar vir Vicky soos ’n warm patat gelos en gehol om sy huwelik te red. Hy en Monique het toe die voorval teenoor ’n tydskrif erken en gesê hulle gaan probeer om hul huwelik te red deur hard aan die verhouding te werk. 

 

Die voormalige paartjie ken mekaar langer as 20 jaar en was vir 11 jaar daarvan aan mekaar verbind. 

 

Tydens ’n onderhoud met ’n koerant het Paul gesê hy het Monique om verskoning gevra vir sy “swak keuses” en hulle sou regtig probeer om hul huwelik te red. 

 

Lyk toe nou nie of dit gewerk het nie. 

 

Hulle is so stil-stil aan die einde van verlede jaar uitmekaar. 

 

Amor Engelbrecht, ’n grootkop by Pasella, het bevestig die huweliksbootjie, wat moontlik gekaap is, het gesink.

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 3 )


  • Ekke :
    Dit gaan net oor sex hoop sy was lekker genoeg om nou nog by haar te bly ?
    2012/02/04 10:40:18 nm

  • LOLA :
    AS JY DIT NIE BY DIE HUIS KRY GAAN JY DIT IEWERS ANDERS SOEK N MAN BLY N MAN SOOS HUL SE MEAT IS MEAT AND A MAN GOT TO EAT
    2012/02/02 04:17:54 nm

  • Molly :
    Paul en Vicky... ek hoop julle is nou tevrede.
    2012/02/01 02:51:37 nm


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem