Lindiwe Mazibuko dra haar pienk Tinkerbell-rokkie met baie selfvertroue. Foto: Luluma Zenzila
Pretoriase ontwerpers het dié week gemengde gevoelens gehad oor die Tinkerbell-rok waarmee Lindiwe Mazibuko by die parlementsopening opgedaag het.
Die parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie het Donderdagaand vir die kameras gewaai en wittand geglimlag. Propvol selfvertroue in haar pienk rokkie wat haar soos Tinkerberbell op steroids laat lyk het.
Simon Rademan meen sy het vars en vroulik gelyk. Henja Schaap het niks van die rokkie gehou nie.
“Ek dink dit is ’n ontsettend lelike rok, maar dit blyk duidelik uit die foto’s dat sy die rok met selfvertroue gedra het. Sy het gedink sy het pragtig daarin gelyk.”
Volledige berig in die koerant.