Hofnar Juju se sterretjie skitter nie meer so helder nie...
Die voorbok-strontskieter van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, is nie meer die big shot wat hy gedink het hy is nie.
Malema is nog net so lief vir tenders soos altyd, maar hy maak Suid-Afrikaners lelik tjatjarag, het ’n onlangse meningspeiling bevind.
Ou cry baby Malema se gewildheid het trouens die afgelope paar maande skerp gedaal.
Die navorsers het in sewe metropole met 2 000 volwassenes gepraat, en bevind Malema se ondersteuners het met ’n derde gekrimp. Die meeste mense glo trouens die ANC behoort hom te laat buk vir ses van die bestes!
“Selfs onder die jeug het hy baie ondersteuning verloor,” het die navorse Neil Higgs gesê.
Slegs 25% jongmense (18 tot 34) ondersteun dié kakbakker.
Net 21% van metropolitaanse volwassenes ondersteun dié Jeugliga-hofnar se uitlatings en fratse.
Dié persentasie verteenwoordig ’n vermindering van 6% in gewildheid, vergeleke met November se syfer van 27%.
Die ou raskaartjie sal seker altyd gespeel word wanneer daar na gewildheid gekyk word, maar selfs onder die swartmense is daar net 30% wat hom steun, wat ’n afname van 8% van sy oorspronklike fan club is.
Volledige berig in koerant.