INWONERS van Komatipoort in Mpumalanga is behoorlik op hol na ’n BRA-ONNIE, wat met laerskooldogtertjies se bra-bandjies gespeel het, weer dié jaar by die Komatipoort Akademie gaan skoolhou!
Dit nadat Mpumalanga se onderwysdepartement hom in April 2010 SUMMIER AFGEDANK het, maar Carel le Roux (53) het toe geappelleer en vir langer as ’n jaar op sy GAT gesit, terwyl die BELASTINGBETALER sy salaris betaal het.
Boonop bly die bra-onnie ook in ’n huis op die skool se perseel.
Hy het ook skuldig gepleit op die sowat ses aanklagtes teen hom.
In November verlede jaar het die onderwysdepartement hom gestraf.
Hy is net vir Januarie SONDER SALARIS geskors en moet weer begin Februarie voor die Graad 7-klas gaan staan.
Reginah Mhaule, die MEC van die Mpumalanga se onderwysdepartement, sê: “Dit is mos nie so erg om jou hand onder ’n dogtertjie se hemp in te druk en met haar bra-bandjie te speel nie.”
Hy is ’n lewensoriëntering-onderwyser en is al 16 jaar by die skool betrokke.
Intussen loop die Komatipoort Akademie, wat nog die enigste Afrikaanse gekombineerde skool in die omgewing is, leeg.
Buckle Myburg, ’n ouer van ’n oud-leerlingaan die skool wat dié jaar na Klerksdorp verhuis het, meen: “Ek het nog baie vriende in Komatipoort en ek glo dat die storie rondom Carel se terugkeer die ouers dwing om hulle kinders na ander skole te stuur.
“Die Komatipoort Akademie is ’n baie goeie Afrikaanse Christelike skool en is top- presteerders op akademiese- en sportgebied.”
Ouers stuur nou hulle kinders na Hoërskool Nelspruit en moet nog ekstra opdok vir verblyf in die koshuis.
“My dogter is na ’n ander skool toe,” het ’n ma van een van die onnie se slagoffers gesê.
Sowat ses dogters wat by Carel lewensoriëntering gekry het, het by hulle ouers gaan kla na die onnie onwelvoeglik opgetree het.
Hy het sy hand by hulle rokkies of hempies ingedruk en aan hulle bra-bandjies gevat.
Lees die volledig berig in die koerant.