Die Bybelsentrum waar Gavin van den Berg van sy Groot Dors verlos is, kan dalk binnekort gedwing word om toe te maak.
Die Enoch’s Bible Walk Centre is amptelik ’n Artikel 21-maatskappy wat HAWELOSE MANS ’n Christelike heenkome bied. Maar eintlik is dit ’n ongeregistreerde rehab waar dwelmkoppies en dronkies betaal om HARDE ARBEID te doen.
“Ons is besig met ’n ondersoek na hulle bedrywighede,” het Vuyisile Ngesi, woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling in Noordwes, gesê: “As ons ongerymdhede vind, kan die plek sy deure sluit en kriminele stappe kan teen die eienaar gedoen word.”
Gregory Schmidt, ’n oud-beroepsbokser wat nou as berader en “slaaf” by die sentrum werk, meen: “Hier is geen ander arbeiders nie. Hier word niks op die plaas verbou nie. Ons hou die plek self in stand en lewe van donasies en skenkings.”
Woolworths lewer glo gereeld daar kos af.
Gregory sê: “Baie van die mense gaan na nege maande uit, maar kom maar weer terug. Hulle het nêrens om heen te gaan nie en hulle gees is gebreek. Ons is niks anders as robotte nie. Ons word emosioneel verkrag.”
Maar Enoch’s Bible Walk Centre is nie geregistreer as ’n rehabilitasiesentrum nie en MAG GLAD NIE alkoholiste en dwelmslawe behandel nie.
Hoe meer jy betaal, hoe minder ure hoef jy te werk.
Sondag het ’n strafstelsel in besit wat wys as jy meer as R5 000 betaal, hoef jy net tot vroegmiddag te werk.
Volgens ’n betroubare bron wat uit vrees vir vervolging anoniem wil bly, is Roger Sherwood, eienaar van die sentrum, se woord wet en duld hy geen terugpratery nie.
“Inwoners word summier weggejaag as hulle hul saak wil stel, al het die persoon vooruit betaal. As jy lui is en nie hard genoeg werk nie, word jy ook gejaag.”
Roger se ouers het die plaas sowat jare gelede in ’n rehabilitasie- en detokssentrum omskep.
Maar die plek het volgens die departement van maatskaplike ontwikkeling sowat 14 maande gelede sy lisensie verloor, “want al die vereistes waaraan hulle mos voldoen, was nie in plek nie”.
Lees die volledige berig in die koerant.