Seks met die bure


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 10
     Like dit
  •  
  • 10
     Like dit nie


’N HENGSE liefdes- poespas is besig om twee families in Primrose naby Germiston uitmekaar te skeur.

 

Andries Slabbert (47) en sy vroutjie Maria is na 24 jaar se stry en baklei uitmekaar.

 

Hy reken dit kom al ’n lang pad, maar hy pak die skuld op ’n sekere gewese Pinkster-jeugleier en buurman, Jan Gordon, wat ’n vinger in die paai gehad het.

 

Andries het sy hart teenoor Sondag uitgestort. 

 

Hy vertel: “Die kak het al voor die troue begin toe sy saam met ’n ander man weggehardloop het vir ’n naweek. 

 

“Ek het haar teruggevat en ons is toe getroud, maar dit het nie baie lank goed gegaan nie. 

 

“Sy het selfs ’n lesbiese verhouding met ’n familielid van my aan die gang gehad!”

 

Ses jaar gelede het dinge glo weer begin goed gaan, maar Andries se kerklike buurman het sy grootste nagmerrie geword.

 

Jan het glo langer as ’n jaar terug begin om gereeld sy eie vroutjie koud in die bed te los en “soos ’n rek oor die muur gespring” om te kom aartappelstamp by die Slabberts wanneer Andries nagskof gewerk het.

 

Andries vertel dat hy selfs eendag van Jan se onnas onder die bed en in die badkamer gekry het.

 

“Ek het dit probeer aantrek want ek het gedog dis myne, maar dit was te klein. 

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 3 )


  • Stefan :
    Okay - nou besef ek op watter mark die koerantjie gemik is. En dan wil SONDAG my kommentaar beoordeel vir toepaslikheid en taalgebruik en dat die nie die koerant se beeld skaad nie.
    Mense - dis n kommin koerant waar die joernaliste kommin taal gebruik en julle wil my sensor??
    Maar ja - seker maar die trippel-standaarde wat deur media24 toegepas word.
    2012/02/05 06:39:56

  • frikkie :
    Jammer om van julle kak te hoor
    2012/02/04 08:08:57 nm

  • Alex :
    Wie gee om oor hulle kak?
    2012/02/01 02:27:08 nm


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem