SA Tarzan gaan bos


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 7
     Like dit
  •  
  • 1
     Like dit nie


 

 

Hierdie ou vat sy obsessie met Tarzan na heeltemal ’n ander level!

 

DeWet du Toit, ’n plaasseun van George in die Suid-Kaap, is só vasbeslote om in Warner Brothers se nuwe Tarzan-fliek te speel dat hy nou al die afgelope drie jaar kliphard oefen vir die rol.

 

Die 24-jarige spiertier wat al van kleins af droom om die volgende Hollywood-Tarzan te wees spandeer minstens vyf dae ’n week in die gym en hardloop drie keer ’n week met die Outeniekwaberge op.

 

Hy oefen ook om deur riviere te swem, aan boomtakke te swaai en deur boskasies te kruip! Sy oefening sluit blykbaar ook in om slange te dodge en in bome te slaap.

 

Die werklose jongman wat homself voltyds toespits op sy Tarzan-rol het die afgelope ruk wêreldwyd opslae gemaak in koerante, tydskrifte en op die internet vanweë sy uiterste obsessie om ’n Hollywood-rol as Tarzan los te slaan. En wie weet – dalk kan sy droom binnekort bewaarheid word!

 

Die wêreld is aan die gons oor ’n reeks videos wat die DeWet op YouTube gelaai het, in die hoop dat iemand van Hollywood hom raaksien. Sy tweelingbroer, Rudolph, het hom glo gehelp om die movie te vervaardig.

 

DeWet was al sedertdien die videos die lig gesien het op die voorblad van ’n plaaslike gesinstydskrif, in Britse Poniekoerante en selfs Doer Onder in Australië is die tonge los oor die Tarzan-behepte man!

 

Die YouTube-videos het duidelik gewerk, want sê DeWet: “Ek is onlangs genooi om volgende jaar die Tarzan-fees in Louisiana by te woon.”

Lees die volledige berig in die koerant.

 

 



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem