Josie Raath, die voormalige omroeper van Radio Kansel, oor wie Sondag verlede week berig het, het selfmoord gepleeg.
Die 48-jarige ou se liggaam is Sondag in ’n gastehuis in Margate gevind.
Hy het vermoedelik ’n oordosis pille gedrink.
Sy laaste SMS was: “Jammer aan almal. Ek is klaar met die lewe, moenie meer bel nie”.
Sy vriendin, Ina Snyman, was die laaste met wie hy gepraat het.
Hy het haar Saterdagaand om 6:30 gebel en gesê hy gaan selfmoord pleeg, en dat hy nie meer wil lewe nie, het Beeld dié week berig.
Sy mede-omroeper en dogter van die radiostasie se uitvoerende hoof, Christa Johnson, sou saam met Josie pille gesluk het, maar het kop uitgetrek. Josie, wat die afgelope vyf jaar op Radio Kansel se Goeie Nuus Tyd- en Spektrum-programme te hore was, het aan depressie gely.
Lees die volledige berig in die koerant.