OORGEWIG, depressief en besig om blitsig oud en vervelig te raak!
Patricia Lewis het die afgelope paar jaar só vet geword dat haar seun skoon na haar begin verwys het as “chubby mommy”!
Maar Patricia is nie besig om in ’n potjierol te verander omdat sy te veel slaptjips en tjoklits verorber nie, maar omdat sy siek is!
Die Supersterre-aanbieder het onlangs verklap dat sy baie met haar gesondheid sukkel.
Sy ondervind probleme met met hoë cholesterol, insulienweerstand en koolhidraat-hipersensitiwiteit.
Sy het ook ’n onderaktiewe skildklier en het aan die media gesê hoe sy sukkel met depressie sedert sy uitgevind het dat sy nooit weer kinders sal kan kan hê nie.
Drie jaar gelede het die sangeres byna haar vermoë om te sing verloor toe ses nie-kwaadaardige gewasse op haar stembande ontdek is.
Sy sou moontlik ’n operasie moes ondergaan wat die einde van haar sangloopbaan sou beteken.
Sy het egter besluit om eerder na “alternatiewe metodes” te kyk om haar stembande te red.
Sy’t ook nou onthul dat sy nooit aan die publiek gesê het dat sy moontlik nooit weer sou kon praat as sy met die operasie sou voortgaan nie.
Patricia is al langer as 18 maande onder die publiek se waaksame oog uit en bly saam met haar seun Max en haar man Mark Whitfield in Zimbali Lodge, ’n eksklusiewe oord in Natal.
Die sangeres is gereeld in omstredenheid gedompel, soos met haar optrede in 1996 in ’n Duitse erotiese fliek Dark Desires: The other side of the mirror.
Tydens die openingstoneel van dié movie is daar ’n blonde vrou wat haar hare weerskante toe skud soos net Patricia dit kan doen. En dit tydens ’n stomende sekstoneel.
Later is daar ook ’n vuurwarm vryery tussen haar en ’n vroulike kollega.
Patricia het destyds ontken dat dit sy is.
Eers het sy gesê dat dit ’n “body double” was, maar selfs sý het later erken dat dit sy was en dat sy nie daaroor wil praat nie omdat dit in die verlede hoort.
In 2010 was Patricia weer in die nuus toe haar boobs so amper-amper by haar nousluitende rokkie uitgespring het tydens die verfilming van Supersterre.
Na die vertoning het Patricia mooi om verskoning gevra en erken dat die piepklein, nousluitende pienk rokkie ’n GROOT BLAPS was!
Lees die volledige berig in die koerant.