P n P se rakke te kuis vir Sondag


Maandag 26 Julie 2010

  •  
  • 3
     Like dit
  •  
  • 1
     Like dit nie


Pick n Pay besluit nou wat jy mag lees en wat jy nie mag lees nie. En hulle het besluit jy mag nie Sondag lees nie.


P n P se leuse is “Inspired by you”. Hulle put duidelik geen inspirasie uit Sondag se lieflike bladsy 3-meisies nie, en het ons hulle winkels verbied.


Dít terwyl hulle sonder scruples kondome (NEE!), sigarette, drank, miergif en triljoene ander “skadelike” goed verkoop. En onthou, Sondag word in ’n verseëlde sakkie by Pick n Pay verkoop!


Hoe skadelik is ons meisies op bladsy 3 dan nou eintlik?


Miskien gaan hulle binnekort ook besluit watter tamatiesous jy oor jou chips mag gooi.


Pick n Pay se sensuur druis direk in teen ons land se Grondwet en mors met jou vryheid om op ’n Sondag te lees wat jy wil.
Hulle vee hulle alies af aan vryheid van spraak, vryheid van keuse en media-vryheid.


Wat ’n skynheilige spul!


Maar liewe lojale leser, ons maak nou seker dat daar meer koerante op straat, in Checkers, Spar, garages, kafees en boekwinkels is.


As jy hom wil hê, kan jy hom kry!



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 3 )


  • Jack :
    Die eens magtige Pick 'n Pay daar in Doosburg is tans ook maar 'n frustrasie om te besoek. Die ou gangetjies is smal en dikwels toegepak sodat dit moeilik is om met jou skewe-wiel trollie daar deur te kom. Die mense in donker-blou wat daar werk staan in groepies rond en gesels, hulle is traag en weier om jou te gaan wys waar hulle die goed nou weg gesteek het. Soms versper hulle ook moedswillig die ou gangetjie en maak asof hulle jou nie hoor nie. Indien dinge nie verbeter nie glo ek dat die 'shoplifters' en die personeel van P n P binnekort verantwoordelik sal wees dat die plek nie meer bestaan nie. Dit sal klante net noodsaak om liewer by Checkers Hyper en die ander supermarkte hulle SONDAG en kossies vir die week te gaan koop.
    2010/07/28 10:19:18 nm

  • Jovan :
    Ek mis Sondag hier onder in die Kaap (veral die bls. 3 meisies ! ), en die (Kaapse) SondagSon wat ons hier kry is meer gemik op die "coloureds".
    2010/07/26 01:16:40 nm

  • Pro Sondag :
    Daar is niks fout met Sondag wat in `n plastiek sakkie geseel is nie. Dit is my demokratiese reg om te kies wat om te lees. Hoe weet die mense wat kla oor die sogenaamde girls op bladsy 3? Ek wonder maar net! Die Sondag is een van die min koerante waar daar nie geweld, bloed , derms en politieke k@k in is nie. Vir al die ou suurknolle: Please, get a life!!
    2010/07/26 11:17:02


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem