Mansamoesa!


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 2
     Like dit
  •  
  • 5
     Like dit nie


Mpumalanga is aan die gons oor ’n deftige private skool se hoof wat ONWETEND in ’n gay liefdesdriehoek betrokke geraak het.

 

Hy het gedink hy is in ’n mooi verhouding betrokke met ’n jong man in Pretoria – nou moes hy hoor hy is een van drie agtermekaar kêrels wat oor honderde kilometers en drie provinsies vry.

 

Hy het dié week eers van die derde minnaar uitgevind toe Sondag begin navraag doen.

 

Die skoolhoof van ’n Christelike privaatskool in Groblersdal se hart klop behoorlik tjoklits vir ’n bloedjong lat van Pretoria. Die hoof was vroeër getroud, maar sy vrou is ’n paar jaar terug oorlede.

 

Dié outjie, Hannes Meyer (25), het ’n paar jaar gelede die hoof ontmoet toe hy ’n blyplek by hom gehuur het voor hy Pretoria toe getrek het. Die tweetjies was toe glo amper vyf jaar saam.

 

Dinge het ’n skewe draai gemaak nadat Hannes getrek en ’n sakeman van Bloemfontein raakgekuier het. Barry van den Berg van die Vrystaat, ook in sy middel veertigs, het gat-oor-kop verlief geraak op die sexy IT-mannetjie.

 

Net jammer Hannes het nooit vir Barry gesê hy ry steeds elke tweede naweek Groblersdal toe om by sy hoof te gaan vry dat sy ore tuit.

 

Barry het mettertyd van die hoof uitgevind, maar die hoof het geen idee gehad dat daar ’n Barry in Hannes se kooi is nie.

 

’n Hartseer Barry het sy hart teenoor Sondag oopgemaak. 

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 3 )


  • Joseph :
    Die kerk sal dit nou weer goed praat
    2012/02/05 09:12:06

  • LM duP :
    Shit hoe gril ek nou tot in my tone.
    2012/01/30 07:38:42 nm

  • beppie :
    weet jy dit het jy nou is jy 'n kommen gat is sies man julle
    2012/01/30 02:38:57 nm


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem