Jy het dit.........NIE!


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 1
     Like dit
  •  
  • 0
     Like dit nie


’N JOHANNESBURGSE vrou (38) se lewe het oornag in ’n nagmerrie ontaard toe sy die uitslag van haar HIV-toets ontvang het - en dis verkeerd! En nou probeer Lancet-laboratoriums die skuld op die dokter pak vir die fout.

 

Die vrou, wat haar regte naam weerhou uit vrees vir die stigmas rondom HIV, vertel van die HEL waardeur sy die afgelope Desember-vakansie is. 

 

“Vroeg in Desember is ek na my plaaslike algemene praktisyn omdat ek vreeslik afgemat, oormoeg, oorwerk en gespanne gevoel het. Ek het nie geweet wat fout is nie en het so uitgesien na ’n rustige vakansie. Ek het besluit om sommer ’n reeks toetse te laat doen om uit te vind wat fout is,” vertel sy.

 

“Toets sommer vir alles, het ek vir die dokter gesê.” 

 

Die dokter het drie buisies bloed getrek en ook ’n HIV-toets gedoen. 

 

Op 5 Desember het hy haar gebel en gevra dat sy dadelik na sy praktyk toe moet kom. 

 

“Toe ek daar kom, was die dokter duidelik baie ontstig. Ek het geskrik. Ek kon sien iets ontstel hom en het gevra dat hy asseblief vir my moet sê wat fout is.”

 

Die toets-uitslae het teruggekom van Lancet-laboratoriums af en die dokter het haar meegedeel dat sy HIV-positief getoets is.

 

Dit het haar natuurlik met afgryse, ongeloof en wanhoop gevul. 

 

“Ek het myself yskoud geskrik, êrens in my agterkop het ek probeer uitmaak hoe dit moontlik kon wees. Het ek in ’n stuk glas getrap, het iemand my met ’n naald gesteek? Het ek êrens met bloed in aanraking gekom? Die vrae het die heeltyd deur my kop gemaal. Ek is al baie lank in ’n vaste verhouding en is ook nie in ’n beroep wat my blootstelling aan die virus kon gee nie,” sê sy. 

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 5 )


  • Ekke :
    Dis ekke die - en my algemene praktisyn is gladnie tevrede met die artikel nie - wonder wie steek iets weg. Ek het dan nie eers sy naam genoem nie. Die ouens by Lancet het my nou nognie verskoning gevra nie - hulle antwoorde op die joernalis se vrae was blatante leuns en Lancet besef nie ek weet wat hulle gese het nie. Eks nog lank nie klaar met hulle nie.
    Die GP dink jy is "die Skepper" homself en....... Lancet blameer die dokter. Daar was daai dag net 1 Bloedsample by die Dr se praktyk geneem en dit was myne. Hoekom is die Dr dan ook aggro met my? Ek sien die doktertjie wat my bloed getrek het werk ook nie meer by die GP se praktyk nie. Wonder maar net wat aangaan.............Ek sal NOOIT weer na daai GP toe gaan nie en van nou defenetief nie weer van Lancet gebruikmaak nie. Professor "so en so" van Lancet hap babbels.
    Pathetic!
    2012/02/09 01:50:36 nm

  • Saartjie :
    Gits, die donners....seker nou weer 'n "junior med tech klerk" wat die bloed omgeruil het en al wat hy/sy kon se was Eish...Sterkte girl! Gee hulle gas! Doen sommer ook 'n opvolg ook .
    2012/02/03 04:08:09 nm

  • Saartjie :
    Tipies !!!!
    2012/02/03 03:33:35 nm

  • henry :
    tipies health professionals,beskuldig nou mekaar,as dit a nurse was,was hy/sy geskors.dr,s begrawe hulle foute.
    2012/01/31 03:09:41

  • Anoniem :
    Al my simpatie vrou. Ek is ook daardeur so 10 jaar terug en niks kan daardie gevoel vir jou beskryf nie.... Dit is hel, want jy weet regtig nie waar jy verkeerd gedoen het nie.
    2012/01/30 04:18:49 nm


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem