Hou op speel met lyke!


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 2
     Like dit nie


’N GETROUDE man en pa van twee kinders in die Wes-Kaap word daarvan aangekla dat hy seks met die LYK van ’n 7-jarige meisiekind, wat in ’n ongeluk was, gehad het. 

'

Die voormalige lykshuiswerker het na bewering seks met die meisie se lyk gehad nadat hy die taak toevertrou is om die lyk van die ongelukstoneel af na die Paarl-lykshuis, wat tydens die voorval nog agter die Paarl-polisiestasie geleë was, moes vat.

 

Hy is gearresteer toe die voorval op die lappe gekom het, maar weer op borgtog vrygelaat. 

 

Die ongeluk het reeds vier jaar terug gebeur, maar die hofsaak sloer voort. Die man is dié week amper toegesluit nadat die Paarl-streekhof ’n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik het. Hy was veronderstel om in die hof te verskyn, maar het nie opgedaag nie. Die lasbrief is teruggetrek en word deur sy prokureur as ’n “misverstand” beskou. 

 

Die meisie is in Wellington oorlede na sy in ’n straat gespeel en deur ’n motor doodgery is. 

 

Die oud-lykshuiswerker, wie se naam aan Sondag bekend is, maar nie bekend gemaak mag word nie omdat hy nog nie gepleit het nie, was kort na die voorval sy werk kwyt. 

 

Die patoloog wat die nadoodse ondersoek gedoen het, het op tekens van lykskending afgekom. 

 

Die lyk het blykbaar baie ernstige inwendige beserings getoon. 

 

Christopher Abrahams, ’n staatsaanklaer by die streekhof, het die lasbrief uitgereik nadat die man versuim het om Dinsdag voor die hof te verskyn.

 

“Die beskuldigde word aangekla onder Artikel 14 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 32 van 2007. 

 

“Hy word daarvan beskuldig dat hy ’n seksuele daad met ’n lyk uitgevoer het,” het hy gesê. 

 

Maar ’n bron het aan Sondag gesê die man was glad nie betrokke by die skending van die lyk nie. 

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 0 )



Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem