Sondag se keuse: Yolandi Malherbe was Miss July.
Die groot gewag vir Suid-Afrika se mooiste hasie is amper op ’n einde.
Playboy SA se heel eerste Playmate van die Jaar word Vrydagaand by ZAR in Johannesburg aangewys.
Tien van Suid-Afrika se mooiste Playboy-hasies moes dit uitspook vir stemme en die drie finaliste is aangewys - Amy Tara Bridger, Jade Fairbrother en Yolandi Malherbe.
Dié drie hasies was redelik kort op mekaar Playboy SA se stukkie van die maand. Amy was Miss April, Jade was Miss September en Yolandi was Miss July.
Charl du Plessis, Playboy SA se redakteur, het die volgende te sê gehad: “Hugh Hefner het intussen vir Playboy SA ’n videoboodskap aangestuur wat die wenner gelukwens.
Volledige berig in die koerant.