Gerhard ontplof


Maandag 23 Januarie 2012

  •  
  • 4
     Like dit
  •  
  • 4
     Like dit nie


Die sanger Gerhard Steyn het in die verlede Sondag as ’n  leuenaar uitgemaak toe ons berig het oor sy vinnige vuiste, maar nou het hy in ’n vrouetydskrif gebieg dat sy vuiste wél JEUKERIG WAS!

 

Sondag het sowat twee jaar gelede berig oor die Baby Tjoklits-sanger wat in Hatfield Square, ’n studente-dronknes, in ’n boksgeveg betrokke was.

 

Skaars drie weke later het ons weer geskryf oor sy lollerige vuiste wat ’n outjie aan die Oos-Rand platgeslaan het.

 

Kobie Koen, sy platebaas, het ALLES ONTKEN en gesê: “Julle bronne lieg. Gerhard was nooit in sulke dinge betrokke nie.”’

 

Toe nie...

 

Gerhard het in die jongste uitgawe van Sarie vertel: “Tot onlangs toe was daar stories dat ek in vuisgevegte betrokke was. Dit was nie leuens nie.

 

“Ek wou alles met my vuiste probeer regmaak. Ek het na my ouers se egskeiding soos ’n drukkoker ontplof.”

 

Gerhard, wat volgens verskeie bronne ook aan dieselfde chemiese wanbalans - bipolariteit - as Jan Blohm, Johannes Kerkorrel en Simon Barnard ly, het ook vertel dat hy “twee of drie keer selfmoord probeer pleeg het deur pille te drink of my polse te sny.”

 

Jan Blohm, is in sy maniese fase ook deur baie probleme.

 

Simon, die seun van die bekroonde skrywer Chris Barnard, het homself probeer hang en ook dikwels in vuisgevegte betrokke geraak.

 

Johannes Kerkorrel het wel daarin geslaag om selfmoord te pleeg.

 

Gerhard sê verder: “Ek was op die punt om my sangloopbaan te laat vaar, maar toe kom Baby Tjoklits, ’n liedjie wat ek self geskryf het. Ek het een oggend in die stort gestaan en vir myself gesê ek doen alles in my vermoë (as sanger), maar dit happen nie. Ek show vir R500 hier en R250 daar, ’n bord kos hier en ’n bier daar.

 

“Ek het net gesê: ‘Here, ek probeer alles, ek gee alles. Ek kan nie meer nie.’

Lees die volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 3 )


  • Nicole :
    Of almal moet net Gerhard se persoonlike lewe repsekteer en uit los!!!!!!!!!! Die mens wat lewe op hierdie tipe skinner nuus, moet regtig n lewe begin kry. Alles in die musiek wereld is n publicity stunt!!!!
    2012/02/04 10:22:39 nm

  • Skaam :
    Ek wonder wie is nou regtig kommin,jy wat so lelik praat of die persoon na wie jy verwys.
    2012/01/29 08:40:24

  • Jo :
    Nevermind bipolêr, hy is eintlik maar net 'n kommin p..s. Mense wat vuisslaan is die laagste van laag...
    2012/01/27 10:28:59


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Wat dink jy van SA se nuwe hotklou-kolwer, Richard Levi?

Hy gaan nog baie balle paviljoen toe moker.
Hy gaan dit net in kitskrieket maak.
Dis nou net die man wat ons nodig het.
Stem