“Ek het nie nodig om enige vrou enigsins te teister nie. Ek is baie gelukkig getroud, dankie!”
Só het George Schoonwinkel die afgelope week gereageer toe Sondag hom gekonfronteer het met die bewerings wat ene Dee teenoor hom maak.
“As sy enigsins ’n klagte (van teistering) wil maak, is sy baie welkom om dit te doen,” het George bygevoeg.
George het nie ontken dat hy die drukkie-SMS’e aan Dee gestuur het nie.
Oor die SMS wat lees “Jy skuld my ’n drukkie xx,” sê hy: “Ek het dit heel moontlik na die verkeerde nommer gestuur”.
Maar toe Sondag hom vra oor die SMS wat lees “as ek jou druk sal jy voel of jy vlieg”, het hy behoorlik eierdanse gedoen.
George het toe laat weet dat hy in daardie tyd Durban toe gevlieg het en dat die SMS moontlik iets met die vliegery te doen gehad het.
Hy hou vol dat hy die rehabilitasiewerk vir die liefde van die saak doen en dat mense beslis nie met drukkies hoef te betaal nie.
Hy hou verder ook vol Genadeplaas IS ’n rehabilitasiesentrum:
“Man, Genadeplaas is vir rehabilitasie, maar dis maar meestal haweloses wat daar bly.”
George erken dat hy ’n gerehabiliteerde alkoholis is.
Hy sê: “Ek het ’n lang pad ge-stap. Jy kom tot op ’n dag wat jy down and out is.
“Die Here het my op ’n wonderbaarlike manier gehelp om weer op te staan.
Lees die volledige berig in die koerant.