STAATSDEPARTEMENTE en provinsiale regerings het die afgelope jaar meer as R20 MILJARD gesteel en uitgemors!
Sedert verlede jaar het die verkwisting van Jan Publiek se swaarverdiende belastinggeld met 58% toegeneem.
Die arme vuisvoos belastingbetaler word al hoe meer gemelk met bykomende heffings, tolgelde, enorme stygings in elektriese kostes en die voorgestelde nasionale gesondheidsplan, maar die papvrot staatsdiens hou net aan mors asof Suid-Afrika nie die einde van sy skatte ken nie!
Die ouditeur-generaal (OG) se oudit het pas bewys dat net drie staatsdepartemente - openbare ondernemings, omgewingsake en wetenskap en tegnologie - se hande skoon is.
Selfs die presidensie het R859 000 uitgegee aan onreëlmatige uitgawes.
Die OG, Terence Nombembe, sê een van die grootste probleme is die regering se gebrek aan kundigheid in IT omdat dit bydra tot swak finansiële kontrole.
Hy het ook die toeken van kontrakte en tenders op nasionale én provinsiale vlak as ’n helse probleem genoem.
Pretoria News skryf vakbonde het na die verslag verwys as ’N KRISIS en SKANDE!
Met uitgawes van R799.3 miljoen en R420 miljoen het die departement van verdediging sowel grondwetlike ontwikkeling loshande die eerste plek behaal van departemente wat die meeste geld gemors het.
In tweede plek met R419.5 miljoen is die departement van koöperasie regering en tradisionele sake.
Lees die volledige berig in die koerant.