'Gee my aandag, toe!'


Maandag 30 Januarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 6
     Like dit nie


 

Bollywood-ster wannabee! 

 

Soos die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley dié week in die hof rondgestap het, sou mens sweer hy gaan ’n sing-en-dans-nommertjie doen in egte Bollywood-styl – as dit net nie vir daai simpel boeie was nie.

 

Moodley, wat die student Leigh Matthews in 2004 vermoor het, hou sy lyf behoorlik akteur en celebrity. Hy is so uitgehonger vir publisiteit dat hy homself elke dan en wan in die media-kollig plaas. Dié keer doen hy aansoek om ’n herverhoor.

 

Mal Moodley het klaar begin werk aan sy look: Hy mik duidelik om John Abraham as Bollywood-ster te onttroon!

 

Dalk nog in die Bollywood-weergawe van Jailhouse Rock. 

 

Moodley se storie oor die Leigh-moord het dié week, nes sy haarstyl, verander.

 

Die moordenaar wat in 2005 skuldig bevind en lewenslank gevonnis is, sing nou ’n nuwe deuntjie.

 

Hy beweer die bewyse teen hom is gemanipuleer. 

 

Moodley het dié week in die hof getuig hy het “uitgefreak” toe hy die mediadekking oor Leigh se dood gesien het.

 

Natuurlik sou jy uitgefreak het! Die selfbehepte ou het regter Joop Labuschagne gevra om Oprah te kyk.

 

“Oprah het eendag ’n program uitgesaai oor hoe baie ‘onskuldige’ mense uit vrees skuldig pleit.” 

 

“U moet asseblief na die program gaan kyk om my saak beter te verstaan”.

Lees die volledige berig in die koerant.

 



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 2 )


  • Heila Velloen :
    Ek stem saam met Lillian. Hy wil nou weer die staat se tyd en ons belastingbetaler se geld mors. En die langhare, van wanneer af is dit toelaatbaar? Lyk vir my dit gaan deesdae baie lekker in die tronke.
    2012/02/03 10:53:48

  • Lillian :
    Sit en vrot in die tronk, bliksem. As jy so onskuldig was sou jy jou bek oopgemaak het en gepraat het, toe dit saak gemaak het. Nou wil almal (Leigh se ouer inkluis) sekerlike aangaan met hul lewens en nie elke dan en wan ontwrig word met jou sinlose uitlatings nie.
    2012/02/01 07:14:32


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem