Erg gebyt by spogskool


Maandag 20 Februarie 2012

  •  
  • 0
     Like dit
  •  
  • 11
     Like dit nie


Die bytmerke aan klein Bailey Bayard se linkerarmpie en die besering aan haar oog kan duidelik gesien word. Foto: Derick Bayard
Die bytmerke aan klein Bailey Bayard se linkerarmpie en die besering aan haar oog kan duidelik gesien word. Foto: Derick Bayard

’n Seuntjie by ’n spogkleuterskool in die Ooste van Pretoria het glo ’n babameisie in haar slaap met sy tande “aangeval” en haar tien keer gebyt.

 

Bailey Bayard (16 maande) is aan albei haar arms en rug gebyt. In ’n poging om van haar jong “aanvaller” te vlug, het Bailey haar linkeroogbank ook stukkend geval. 

 

Die voorval het op 27 Januarie by die Moreleta Montessori-babasentrum en -kleuterskool, waar ouers tot R2 500 per maand vir hul kinders moet opdok, gebeur.

 

Bailey se pa, Derick Bayard, sê die klasonderwyseres het eers ná die aanval gesien wat gebeur het.

 

“Volgens haar was sy net vir ’n minuut uit die klas en haar assistent was in ’n ander kamer besig om ’n baba se doek om te ruil toe die wrede aanval op Bailey plaasgevind het,” vertel Derick.

Volledige berig in die koerant.



 

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Sondag behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.


Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Sondag-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar ( 14 )


  • Sue :
    Skuus ... waar was jy juffrou??? Hoe kon jul dai kinders alleen laat? Ek hoop van harte dit word nie daar gelaat nie. Ek was self a kleuterskool onderwyseres en hoof vir 21 jr, dus sal ek weet. Jy het skuld sowel as die assistent. Hoop jul word "uit gesort " en baie gou! In a baba afdeling MOET meer personeel wees, asook die Peuter afdeling. Teen daardie prys per kind kan meer personeel aangestel word. Oe sjoe julle kan so bly wees dit was nie my kind nie!!!!
    2012/02/26 10:34:45 nm

  • lu :
    Iets is nie pluis nie
    2012/02/26 05:18:53 nm

  • Paula :
    In enige kleurskool behoort daar 'n reel te wees, so ook in Europe waar ek werk, mag jy nie die klaskamer of area verlaat, veral as jy met kleuters of babas werk. Daar behoort of interkomstelsel te wees of dan jou selfoon gebruik om vir hulp te vra. Die opvoeder is verantwoordelik so nes die hulpassistent. As die opvoeder bewus is dat die assistent 'n baba se doek omruil, kan jy nie die area verlaat nie. Jy moet dan al die kinders in dieselfde klas of area bymekaar kry, indien die ander persoon die klas moet verlaat en geen hulp is daar op die oomblik nie.
    2012/02/26 01:36:10 nm

  • Hennie :
    Ek reken mense kyk by die probleem verby! Waar was die ouers? Hoekom kinders wil he en dan hulle in ander mense se toesig wil sit? Van die mensies word al 7 uur en vroer by die skool afgelaai, dan wanneer kom liefde volle mamme en pappa hulle haal..ja as die daggie al heeltemal op sy ruggie is.. So jammer om te hoor, maar die verandwoordelikheid is 1stens die ouers..genade ons..wil kinder he ..maar ander moet huille oppas en versorg..skaam julle!!!
    2012/02/26 10:49:22

  • Ouma :
    Ek is n kleuterskool onderwyseres en onder GEEN omstandighede mag kindertjies alleen gelaat word nie! As juffrou is dit jou keuse om by kleuterskool te werk en volle verantwoordelikheid van enige insidente te aanvaar, hetsy jou skud of nie! Dit is baie agterloosig om n klas te verlaat as daar net een helper is,veral as die kindertjies nog klein is.Om n kleuterskool juffrou te wees,is uitputtend en meestal om te verseker dat die kindertjies veilig is! Bytertjies word fyn dopgehou en ons spandeer baie tyd om die klein kindertjies te leer om nie te byt nie!! Maak nie saak of n ouer R2000 of R5000 betaal nie,hul plaas hul kindertjies in ons sorg en vertrou ons met hul kosbaarste besittings.
    2012/02/24 02:16:06 nm

  • Willie :
    Waar is die kameras hul spog dan dat hul heeldag kamera toesig het
    2012/02/22 03:00:00 nm

  • Fingerloos :
    Daai ouers is baie gelukkig. Dank julle sterre. My dogtertjie se vingerpunt is in Nov 2011 deur in ander dogtertjie afgebyt. Sy het 20% van haar voorste lit verloor, maar gelukkig het haar naal weer uit gegroei. Sy was 19 maande oud toe dit gebeur het, en die dogtertjie wat haar gebyt het omtrent dieselde ouderdom. Die skool het die ouers gevra om die kind uit die skool te haal. Toe vind ek in Jan dat die skool die kind weer terug gevat en in dieselfe klas gesit het as my kind.
    2012/02/22 01:59:13 nm

  • Lisa :
    This possibly the worst case of gross negligence and incompetence I have ever heard of. The consequences of this horrendous and brutal attack is horrific. I would proceed with immediate lawsuit against the school, the principal and these so-called "teachers". Furthermore, I would subpoena the perpetrators legal guardians' to reveal his HIV status. Why must an innocent baby go through the anti-retro viral drug treatment if potentially not required? I hope this story is broadcast and exposed to as many local and international media houses, as possible. Furthermore, I trust the Dept of Eduation will act with severe urgency. Our prayers are with baby Bailey for a swift recovery.
    2012/02/21 08:41:17 nm

  • Maureen :
    Ek is jammer iemand moes iets gesien of hoor het. Om so gebyt te word en waar sy probeer vlug om van die ander kind weg te kom. Iewers vertel iemand nie die waarheid nie, ek hoop julle het haar dadelik van die skool verwyder want iets is nie reg daar nie. Kry 'n hof bevel sodat daai kind se ouers dan vir julle moet vertel of hy HIV positief is. Daai kind se ouers het geen gevoel nie, hulle moet miskien bietjie dink wat as dit hulle kind was wat gebyt geword het. ONAANVAARBAAR. Staan op julle regte want as dit my kind was sou ek.
    2012/02/21 02:03:57 nm

  • Frenna :
    Dus nou nonsence was dit my kind sou ek nie die skool so gelos het nie. Hoe kan die onderwyser die kinders sonder toesig los. Iemand moes die kind hoor skreeu het, halo
    2012/02/21 12:43:17 nm

  • bulkalf :
    wat te moer het dit nou met die berig uit te waai. al kry hulle meer geld moes hulle beter na die kinders kyk. maar nee seker gedink die kinders slaap so sy kan maar gaan rondloop of n smoke brake vat. ek sal hulle opfok as dit my kind was!
    2012/02/21 09:22:02

  • Desiree :
    Het niemand dan die kind hoor skreeu nie,hoe kan dit wees
    2012/02/21 08:58:49

  • Niki :
    JammerSoekie dan moet die skool sluit of net genoeg kinders inneem wat hulle kan hanteer.. Dink jy as hulle meer betaal word sal hulle ogies dan oopgaan.
    2012/02/20 09:36:51 nm

  • Soekie :
    Ons kleuterskool personeel is onderbetaal in Suid Afrika. Hulle behoort meer ondersteuning te kry van die staat en meer onderwyseresse moet aangestel word.
    2012/02/20 03:24:53 nm


Bladsy 1 van 1
Jou naam : Jou e-posadres :





Wat sê jy?

Het jy al jou e-tag gekoop?

Ja, ek wil nie in die tjoekie slaap nie.
Daar is nie 'n manier dat ek daai ding koop nie.
Gelukkig gaan ek nooit daai paaie ry nie.
Stem