’N VOORMALIGE alkoholis van Vereeniging help glo deesdae om dwelmverslaafdes te rehabiliteer “VIR DIE LIEFDE VAN DIE SAAK”.
Maar ’n vrou wat van George Schoonwinkel se dienste gebruik gemaak het, sê daar is een “catch”.
Die vrou beweer Schoonwinkel, voorsitter van die Christian Action for Dependency (CAD)- groep in Vereeniging, soek “DRUKKIES” in ruil vir sy dienste!
Schoonwinkel was jare gelede ’n alkoholis en haweloos.
Maar uiteindelik het hy tot bekering gekom.
Vandag help hy om verslaafdes te rehabiliteer.
Ene Dee*, wat haar ware identiteit wil beskerm uit vrees vir viktimisasie, sê George het haar erg ongemaklik laat voel omdat hy alewig “drukkies” by haar gesoek het, in ruil daarvoor dat hy haar seun moes skoon kry!
Dee het in 2010 George se hulp gaan opsoek omdat haar seun ’n erge heroïenverslawing gehad het.
Dee vertel:
“Daar was nie geld om my seun na ’n behoorlike rehabilitasie-kliniek te vat nie, want van die sentrums het bedrae van tussen R17 000 en R35 000 gevra!
“Ek het gebid en op ’n dag het ek ’n advertensie in die plaaslike koerante gesien waarin George Schoonwinkel sy rehabilitasiedienste adverteer.
“George het gesê hy sal my help om my seun skoon te kry.
“Hy’t vir my gesê hy sal sy kontakte gebruik om vir my seun ’n plek te kry in ’n ‘rehabilitasiesentrum’ genaamd Genadeplaas.”
Later sou Dee uitvind dat dié Genadeplaas waarheen sy haar seun gestuur het eintlik nie ’n rehabilitasiesentrum is nie, maar eerder ’n sentrum vir haweloses!
Sy sê:
“Later sou ek uitvind dat my seun in tuine moes werk, groente moes kweek en grond spit.
“Toe ek aan die begin vir George vra wat dit alles gaan kos, het hy my verseker hy doen dit ‘vir die liefde van die saak’.
“Maar later het hy lastige SMS’e aan my gestuur waarin hy sê dat ek hom ’n drukkie skuld.”
Een van die SMS’e wat George glo aan Dee gestuur het, lees “jy skuld my ’n drukkie xx”.
’n Ander lees “as ek jou druk sal dit voel of jy vlieg”.
Dee beweer ook dat George gereeld by haar huis opgedaag het wanneer haar eks-man (hy bly ook op die perseel) by die werk was.
Volgens Dee sou George haar kastig besoek het om “koffie te drink” en dan het hy homself orig gehou!
Sy skryf in ’n verklaring: “Hy sal my dan vertel hoe dit met my seun gaan (by die sogenaamde rehabilitasiesentrum).
“Ek het gesê dis reg, want ek was angstig om van my seun se vordering te hoor.
Lees die volledige berig in die koerant.